
Desember 2016 nooi my vriendin my na Aletté Winckler se laaste 'Masterclass' by haar huis in Somerset Wes. Letterlik om die draai van ons huis toe ons self nog in Somerset Wes gebly het.
Klere en kleure was reeds 'n groot passie, so ek het alles wat ek geleer het met oorgawe ingeneem. Die begeerte om meer te leer is toe reeds in my hart vasgelê. Dit was 'n begeerte wat 8 jaar lank in my hart was, maar ek kon net nie tussen kinders en werk nuwe studies aanpak nie.
Tot Desember 2024! Die Here het 'n weg gemaak vir my en ek gaan verseker nie terugkyk nie. Van klere vir my Barbiepoppe maak as dogtertjie tot klere maak vir dames, bly klere en kleure my absolute passie.
Ons bly nou in die mooiste Mosselbaai en ek kan nie wag om die mooi binne jou af te stof en nog mooier te maak nie!